Foundation for Equality Before the Law

Persverklaring Deur Die Stigting Vir Gelykheid Voor Die Reg

26 Januarie 2020


DIE MORELE EN ETIESE OORWEGINGS VAN DIE VEILIGHEIDSTAK VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEMAG

JOHAN VAN DER MERWE”

Howard Varney, wat namens die slagoffers in die heropenening van die geregtelike doodsondersoek na die dood van Neil Aggett verskyn, het tydens die opening van die ondersoek die veiligheidstak as ‘n korrupte organisasie bestempel. Varney is alom bekend vir sy vyandigheid jeens die veiligheidstak. Hy het nog nooit by enige geleentheid die wrede en onmenslike dade van Umkhonto Wê Sizwe veroordeel nie en sy betoog is ‘n blote uiting van sy eie verwronge en verwerplike  opvattings.

Apartheid state covered up ‘real circumstances’ of Dr Neil Aggett’s death, inquest hears

2020-01-20 17:46
Azarrah Karrim

news24

After anti-apartheid activist Dr Neil Aggett died in detention in 1982 at the infamous John Vorster Square, “the machinery of the apartheid state immediately swung into action to cover up the real circumstances of his death”, Webber Wentzel’s Howard Varney said on Monday.

Varney gave an opening address on behalf of the family at the reopening of the inquest into Aggett’s death in the South Gauteng High Court in Johannesburg.
“The former Security Branch of the South African Police was a thoroughly corrupt organisation.
“Wholescale fabrication of evidence and deception were the order of the day.
“They were masters of the cover-up,” Varney said.

Sourced from: www.news24.com/SouthAfrica/News/apartheid-state-covered-up-real-circumstances-of-dr-neil-aggetts-death-inquest-hears-20200120

Die morele en etiese waardes van die Suid-Afrikaanse Polisiemag, meer insonderheid die veiligheidstak, is in die verlede en selfs die hede, telkens onder die loep geneem. Gevalle het voorgekom waar lede van die veiligheidstak, maar ook ander lede, lede van revolusionêre organisasies gedood het. Geboue; soos Cosatu-en Khotsohuis, is met plofstof vernietig om die ANC/SAKP-alliansie se werksaamhede in die wiele te ry. In sekere gevalle is aangehoudenes, veral aangehoudenes ingevolge veiligheidswetgewing, gemartel.  Die heropening van die geregtelike doodsondersoek na die dood van Ahmed Timol wat in 1971 terwyl hy ingevolge veiligheidswetgewing aangehou is, van die 10de verdieping van John Vorsterplein gespring het, het opnuut talle bewerings omtrent marteling ontlok.

Tydens die verrigtinge van die Waarheid-en-Versoeningskommissie (WVK) is daar uit verskeie oorde beweer dat die marteling van aangehoudenes met die medewete en goedkeuring van die generaals plaasgevind het en dat dit inderdaad die beleid van die polisiemag was.

Verskeie generaals het onder eed getuig dat die bewerings ongegrond is. Daar het nadruklike  opdragte bestaan wat die marteling van aangehoudenes verbied  het. 

Dr Neil Aggett. (Media24, Beeld, file)

Omvattende maatreëls is getref om die marteling van aangehoudenes te voorkom. In die geval van aangehoudenes ingevolge veiligheidswetgewing is hulle gereeld deur ‘n landdros besoek wat moes verseker dat elke klagte deur ‘n onafhanklike lid van die polisiemag ondersoek sou word. In die geval van enige bewering van marteling is, die aangehoudene onmiddellik deur ‘n geneesheer ondersoek.

In enkele gevalle het bevelvoerders erken die marteling het met hulle medewete plaasgevind.

In sy boek “No Pain, No Gain? Torture and Ethics in the War on Terror” skryf Alex J Bellamay  onder andere soos volg:

“Finally, taking on board unproven allegations, there is a significant amount of circumstantial evidence to suggest that the use of torture by the US and some of its allies in the war on terror is both widespread and systematic. Taking the three cases described above as examples, the geographical distance between them, the involvement of many different agencies, and the similarity of the processes and techniques used point towards a coordinated strategy of information-gathering based on torture. “

“However, in its unclassified form it does not specify precisely what measures were authorized. This is especially problematic because there is evidence to suggest that successive Attorneys-General supported a permissive definition of the law in relation to interrogation (see below), and the Defense Secretary specifically identified fear as a legitimate interrogation tool. Third, the report limited itself to proven cases of abuse and did not investigate as yet unproven allegations. In the absence of external monitoring, however, accusations of torture are notoriously difficult to prove, owing to the lack of witnesses, the use of techniques (such as near-drowning and beating the soles of the feet) designed not to leave lasting damage, and the lapse of time between acts of torture being committed and the victim being in a position to complain about them safely”

​Bellamay kom na ‘n diepgaande studie van hierdie onderwerp tot die volgende slotsom:

“I argue that the prohibition on torture should be maintained but that in exceptional circumstances desperate necessity may dictate, though not excuse, its use. There are at least three reasons for maintaining the prohibition. First, the torturer’s claim that ‘torture always works’ is no more realistic than the liberal claim that ‘torture does not work’. Although there are cases where torture has led to the extraction of useful information, there are many other cases where it has not. The utilitarian argument is therefore not strong enough by itself to override the fundamental rights argument. Second, torture violates the jus in bello principle of non-combatant immunity: a right that can never be suspended, even during emergencies. Third, torture cannot be defended in a morally consistent fashion: claiming a moral right to torture prisoners to extract militarily necessary information creates a precedent that others may use.”

Bellamay se bevindings is volgens my mening waarskynlik een van die mees objektiewe en sinvolle benaderings wat ek nog teëgekom het. Ek vereenselwig my ten volle daarmee. Die marteling van aangehoudenes is ‘n wêreldwye verskynsel. Enige polisiemag of diens wat dit sou waag om die marteling van aangehoudenes goed te keur of oogluikend toe te laat, sal spoedig in chaos gedompel word. Dit sal noodwendig tot die dood of ernstige besering van menige aangehoudene lei.

Die Suid-Afrikaanse Polisiemag het nooit die marteling van aangehoudenes goedgekeur of oogluikend toegelaat nie. Ek het by verskeie amnestieverhore onder eed getuig dat ek nie van een geval bewus is waar die polisiemag as sodanig enige ondersoek na ‘n marteling gemanipuleer het nie. Die reg het sy gewone gang gegaan. Dit is alom bekend dat weinig vervolgings teen lede van die veiligheidstak, wat na bewering aangehoudenes gemartel het, geslaag het. Soos Bellamay internasionaal bevind het, is die kanse dat so ‘n vervolging kan slaag, onder andere weens die redes wat hy aanvoer, baie skraal.

Ek is bewus daarvan dat lede van die veiligheidstak dikwels met hulle gewetes geworstel het of hulle optrede in bepaalde gevalle met Christelike, etiese en morele beginsels versoen kon word. Die veiligheidstak was in ‘n stryd op lewe en dood met revolusionêre organisasies gewikkel wat hulle hoegenaamd nie aan die Geneefse Konvensie gesteur het nie. Ek is nie bewus van enige ander land wat in ‘n terreurstryd gewikkel was waar meer barbaarse en onmenslike dade gepleeg is, as in Suid-Afrika nie. Geweld en doodslag het deel van die daaglikse lewe geword en die dikwels barbaarse en onmenslike optrede van lede en ondersteuners van die ANC/SAKP-alliansie het tot desperate maatreëls gelei. Gedurende die tydperk 1 September 1984 tot 31 Maart 1993 het 80 507 onlusvoorvalle plaasgevind, is 9 280 persone dood en 19 061 beseer. Altesame 505 mense is lewend met die halssnoermetode verbrand. Die polisie kon daarin slaag 36 persone te red, ofskoon hulle ernstige brandwonde opgedoen het. 710 Persone is lewendig verbrand en die polisie het 320 persone wat ook vol petrol gegooi is en aan die brand gesteek is, gered. Alle persone wat deur op die wyse vermoor is, was swart gewees. Waar daar die geringste vermoede bestaan het dat ‘n persoon in ‘n swart woongebied met die polisie saamgewerk het, is so ‘n persoon as ‘n “collaborator” gebrandmerk en met die halssnoer of andersins lewendig verbrand. In die meeste gevalle heeltemal onskuldig. ANC/SAKP-leiers het hulle in die openbaar met die gruweldade vereenselwig. Om enigsins ‘n indruk te kry van die onmenslike en barbaarse gruwels waarmee die polisie daagliks moes worstel kyk die volgende video: youtu.be/7VPVbnyQrMM

Die ANC/SAKP-alliansie het openlik verklaar dat lede van die SA Polisie as harde teikens beskou word en hulle daarop toegespits om polisielede en hulle gesinne te vermoor of te vermink. Kleefmyne is laat ontplof om die polisie na ’n toneel te lok en ander kleefmyne of ploftoestelle is gestel om later te ontplof om soveel moontlik polisielede dood te maak of te vermink. Getuienis wat tydens amnestieverhore gelewer is, het dié feite verdoemend bevestig. In enige normale gemeenskap sou dit as ernstige terreurdade beskou gewees het, maar in die Suid-Afrikaanse gemeenskap het regsgeleerdes en soms ook geestelike leiers, wat hulle sogenaamd vir die beskerming van menseregte beywer het, dit doodluiters sonder enige veroordeling of afkeuring aanvaar. Soms het ek die indruk gekry dat hulle dit goedkeur.

Enige persoon wat met die polisie saamgewerk het, is stadig deur middel van halssnoermoorde of verbranding doodgemartel terwyl ander stukkie vir stukkie doodgekap is. Geen getuie sou dit waag om teen ‘n lid van ‘n revolusionêre organisasie in die hof te getuig nie. Dit het die regspleging kragteloos gemaak en die gemeenskap weerloos teen die geweld en terreur van die ANC/SAKP-alliansie gelaat. Daar het derhalwe gevalle opgeduik wat as ‘n noodtoestand omskryf kan word. Volgens ons reg ontstaan ‘n noodtoestand as iemand se lewe, liggaam, eiendom of ander belang wat deur die reg erken word, bedreig word deur ‘n gevaar wat alreeds begin het of onmiddellik dreigend is en op geen ander manier afgeweer kan word as deur die aanvaller te dood nie. Waar ‘n lid van die veiligheidstak in daardie omstandighede ‘n aangehoudene sou martel om lewens belangrike inligting te probeer bekom, sou geen kollega wat moontlik ‘n ooggetuie is, ooit teen hom getuig nie.

Daar was enkele gevalle waar voormalige lede van die polisiemag om amnestie aansoek gedoen het ten opsigte van dade wat hulle voorgegee het met hul werksaamhede verband gehou het, wat inderdaad gewone misdaad was. Ons het nie geskroom om in daardie gevalle die werklike feite aan die amnestiekomitee voor te lê en die misdadige optrede aan die kaak te stel nie. In al die ander gevalle waar die lede wel onregmatig in die loop van hulle werksaamhede opgetree het, het die amnestiekomitees sonder uitsondering bevind dat daar geen persoonlike gewin of voordeel was nie en dat die daad nie weens persoonlike kwaadwilligheid, kwaadgesindheid of nydigheid gepleeg is nie.  Verskeie gevalle het aan noodweer of ‘n noodtoestand gegrens.

Dr Neil Aggett. (Media24, Beeld, file)

Ek en wyle genl. Johann Coetzee het by verskeie geleenthede met die hoofkapelaan, wyle ds. Stoffel Colyn, gedagtes gewissel of dit ‘n Christen geoorloof is om in bepaalde gevalle ‘n persoon om die lewe te bring wat  ‘n bedreiging vir ander persone ingehou het. Ds. Colyn het telkens daarop gewys dat dit uiters moeilik is om volgens Bybelse voorskrifte daaroor te oordeel. In die Ou Testament is persone en persone wat hulle teen die owerheid verset het en dikwels ook hulle gesinne, summier doodgemaak. Christus en die skrywers van die Bybelboeke in die Nuwe Testament laat hulle nie nadruklik oor hierdie saak uit nie. In Romeine 13 beveel Paulus dat alle Christene hulle aan die owerheid moet onderwerp. Christus, of die Bybelskrywers van die Bybelboeke in die Nuwe Testament, het nooit die kruisiging van misdadigers wat algemeen deur die Romeine gebruik is, veroordeel nie.

Dit beteken nie dat hulle dit goedgekeur het nie. Ondersteuners van die revolusie gee dikwels verwronge uitlegte aan sekere woorde van Christus en veral sekere gedeeltes in Openbaringe om aan te toon dat Christus revolusie goedgekeur het. Lukas 22 verse 36 tot 37 waar Jesus sy dissipels beveel het om ‘n swaard aan te skaf,  word dikwels misbruik om te beweer dat Jesus geweld goedgekeur het. Dit is duidelik dat die dissipels Jesus se bedoeling heeltemal verkeerd verstaan het soos die tekste nog steeds vandag verkeerd verstaan, of in sekere gevalle, misbruik word. Die leer van Jesus en al die skrywers van die Bybelboeke in die Nuwe Testament is op liefde vir God en jou naaste gerig. Dit sluit ook jou vyande in. Elkeen moet self in die lig daarvan besluit wat in die beste belang van sy naaste is.

Lede van die polisiemag is opgelei om in Suidwes-Afrika (Namibië) en Rhodesië (Zimbabwe) teen lede van die People’s Liberation Army of Namibia, (PLAN) die militêre vleuel van South West Africa People’s Organisation (SWAPO) en  die Zimbabwe African National Liberation Army, ZANLA) die militêre vleuel van Robert Mugabe se Zimbabwe African National Union, (ZANU) asook die Zimbabwe People’s Revolutionary Army, (ZIPRA)  die militêre vleuel van Joshua Nkomo se  Zimbabwe African People’s Union, (ZAPU) te veg. PLAN, ZANLA EN ZIPRA het van terreur en konvensionele oorlogvoering gebruik gemaak en lede van die polisiemag is opgelei om dit die hoof te bied.

Die gewone wetlike, etiese en morele beginsels wat in polisiëring geld, moes noodwendig verontagsaam word. Volgens die beginsels van ons reg moet minimum geweld in die arrestasie van ‘n oortreder gebruik word en moet die oortreder voor die hof gebring word. 

In die teeninsugensiestryd het die beginsel van maak dood of word gedood gegeld. Dit het noodwendig daartoe gelei dat lede van die polisiemag hulle in ‘n grys gebied bevind het waar die onderskeid tussen wat moreel reg en verkeerd is, verwarrend en vaag geraak het.

Ons moes derhalwe, waar ons daagliks met geweld en doodslag te doen gehad het, met ons eie gewetes  worstel en daarvolgens handel. As bevelvoerders moes ons leiding gee aan alle lede wat onder ons bevel` gedien het en in alle gevalle waar hulle in ons opdrag gehandel het, die morele aanspreeklikheid daarvoor aanvaar. Met enkele uitsonderings was die deurslaggewende oorweging in al die gevalle om weerlose persone te beskerm. Waar ons in hierdie omstandighede oordeelsfoute begaan het, het dit in goeie trou geskied.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het die optrede van die veiligheidstak by verskillende geleenthede fel veroordeel, maar hulle nooit teen terreurdade, soos bomvoorvalle, kleef-, landmyn- en ander ontploffings waar weerlose burgerlikes, wat vrouens en kinders ingesluit het, wreed gedood of vermink is, uitgespreek nie. Kerklike leiers wat kop in een mus met die ANC/SAKP-alliansie was, het gepoog om die geweld en terreur aan die hand van Openbaring 14 tot 18 te verdedig. Die Nasionale Party-regering is gelyk gestel aan Babilon, wat in hierdie hoofstukke behandel word en moes gevolglik vernietig word. Dit is tragies dat kerkleiers deesdae nog steeds hierdie bedenklike benadering volg terwyl die baie duidelike uitsprake van Paulus in Romeine 13 genegeer word. Ek is nie bewus daarvan dat Christus, Paulus of enige van die Bybelskrywers, revolusie van enige aard goedgekeur het nie.

Terwyl ek en ander lede van die veiligheidstak  met my ons gewetes geworstel het, het ek dikwels gewonder of kerkleiers soos dr. Beyers Naude, wat daadwerklik by die ondergrondse bedrywighede van die ANC/SAKP-alliansie betrokke was, ooit oor hulle aandeel in die geweld en terreur gewroeg het. Het dr. Naude byvoorbeeld, nadat die bomvoorval in Kerkstraat plaasgevind het, of die ontploffing in die Sanlamsentrum in Amanzimtoti waarin talle weerlose burgerlikes, wat vrouens en kinders ingesluit het, gesterf het of vermink is, gewonder of die terroriste wat daarvoor aanspreeklik was, dalk van die lede van Umkhonto weSizwe (MK) was wat hy gehelp het om die land te verlaat om militêr opgelei te word?

Johan van der Merwe

Contact Us

Contact

Loading