1989 – (Estimated date)
Die Casspir: Kriptiese notas deur lt genl AJ Wandrag
The Casspir: Cryptic notes by Lt Gen AJ Wandrag
Vanuit ‘n historiese perspektief is hierdie handgeskrewe dokument ‘n baie waardevolle fonds aangesien dit lig werp op sekere feite wat nog nie voorheen geopenbaar is nie. Dit is met reg ‘n primêre bron – Hennie Heymans
Die oorspronklike skrywe van 4 bladsye is ongedateer. Die geskatte datum is na April 1989.
GETIKTE WEERGAWE
Eerste terroriste in SWA – 1965
Slag by Ongulumbashe gedurende Maart 1966 – Maj Swanepoel – Veiligheidstaklede het gewerk as radio tegnici en Siviele Ingenieurs. (PASCO CIVIL ENGINEERING Co.)
Eerste SAP lede na Rhodesië – 1 September 1967.
Gedurende die laat 1960 is die eerste landmyn in SAW afgetrap.
Binne ‘n tydperk van 2 maande is 12 Polisiemanne in landmyn voorvalle gedood.
‘n Teenvoeter vir die tipe oorlogvoering moes gevind word.
Lede van die Mag, veral wyle genl.maj. “Apie” van Dyk en brig Frans van Eeden van die Plofstof Afdeling van die SAP het ‘n groot rol in die ontwikkeling van mynwerende voertuie in die SAP gespeel.
Met die goedkeuring van die Minister van Polisie is die hulp van twee navorsers van die WNNR ingeroep om behulpsaam te wees met die ontwikkeling van mynbestande of mynwerende voertuie vir die Mag. Hierdie twee lede was, wyle dr J de Villiers en dr Vernon Joynt.
In die proses van navorsing was daar verskeie voertuie vervaardig. Alle moontlike wenke was na gekyk en nagevors. Sommige van die voertuie wat gebruik was om die mynoorlog aan bande te le was onder andere:
- Bedford met Milten sensor vooraan
- Die Sputnik-kapsule op Ford onderstel
- Die Hiëna
- Die Swerwer
- Die Ribbok
- Die Rooikat
- Die Hippo – Bedford
- Die Zebra – Vragvoertuig
- Die juweel van alle mynwerende voertuie – die CASSPIR.
Volgens inligting het die eerste mynwerende voertuig in 1972 die lig gesien.
Die Hippo was een van die eerste voertuie wat in Rhodesië gebruik is.
Hippo verouderd. In 1979 begin ‘n moderne mynbestande voertuig te ontwikkel vir die SAP. Binne 12 maande die eerste CASSPIR. Die naam is ‘n anagram van die letters SAP en CSIR. Die CASSPIR het alle ander mynwerende voertuie oortref.
CASSPIR was onontbeerlik vir operasionele diens. Koevoet besondere sukses behaal.
Was selfs gewapen met 20mm en 50mm outomatiese wapens deur Koevoet (opmerking; dit kan nie ‘n 50mm outomatiese wapen wees nie maar die outeur verwar dit moontlik met die “50 Browning” masjiengeweer)
Was ook vir ander polisiedienste soos bv grenspatrollies en onluste onontbeerlik.
Hierdie navorsers het ook ander voertuie ontwerp. Ook ander navorsing wat vir die mag van onskatbare waarde was, was deur hierdie twee lede gedoen.
Januarie 1981 – Geskiedenis gemaak – eerste siviele persone wat die eksklusiewe SA Polisie medalje vir die Bekamping van terrorisme ontvang. Minister Le Grange het die toekenning oorhandig en gesê: “Doktore Joynt en de Villiers speel inderdaad ‘n groot rol in die S.A. Polisie se teen terroriste stryd en deur hulle intense belangstelling, ywer en vernuf is daar ongetwyfeld honderde polisiemanne se lewens gereed. Dit is dus net van pas dat hierdie medaljes aan hulle as die eerste twee burgerlikes wat dit ontvang, te oorhandig.”
Ontwikkeling en navorsing uit Polisie begroting gedoen.
Professionele jaloesie tussen SAP en SAW.
Polisie het navorsing op eie gedoen. KM (kwartiermeester) se rol en kommissarisse se rol. Fuma T.F.M. het ‘n groot rol gespeel in die vervaardiging and ontwikkeling.
Krygkor het eers later op die toneel verskyn en betrokke geraak. Nooit was hulle angstig om die CASSPIR vir die Weermag te ontwikkel nie. Die Buffel was vir hulle meer aanvaarbaar.
Operasionele aanwending, volgens my mening, is nie tussen die twee voertuie vergelykbaar nie.
Koevoet en ander eenhede van die SAP het die voertuig met besondere sukses en beskerming van sy lede aangewend.
April 1989 met die verraderlike aanvalle op Koevoet met SWA se onafhanklikheidswording was dit DIE voertuig wat ‘n deurslaggewende rol gespeel het.
Onluste eenhede.
Dank aan almal – Skepper – vir vermoë.
VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND
Die Suid-Afrikaanse Polisie in die Bosoorlog – Louis Lubbe
In Augustus 1966 klap die eerste skote by Ongulumbashe, ‘n terroriste-basis wes van Oshakati in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika. Dit was die begin van die Bosoorlog wat 23 jaar lank sou aanhou – en uiteindelik in een van die langste oorloë in Afrika ontaard.
Kort na die skermutseling by Ongulumbashe is die Suid-Afrikaanse Polisie in die gebied, suid van die Angola-grens en ook in die Caprivi ontplooi om enige insypeling van SWAPO-terroriste na Suidwes-Afrika te stuit – met beswaarlik meer as ‘n geweer, ‘n khaki oorpak, Ford-bakkie, graaf, tente en toerusting om basiskampe mee te bou.
Terselfdertyd word lede van die SAP ook in 1967 na Rhodesië (nou Zimbabwe) gestuur en word (hoofsaaklik) al langs die Zambezirivier tot teenaan die Mosambiekgrens in Masjonaland ontplooi.
Ofskoon 165 polisiemanne in Suidwes-Afrika en 81 in Rhodesië dood is tydens die oorlog, fokus dié boek nie dáárop nie, maar wel op die ervaring van die individu en sy aanpasbaarheid en ondernemingsgees te midde van ontwrigtende omstandighede, teen die agtergrond van die oorlog. Hierdie boek vertel hulle verhaal…
LOUIS LUBBE
Die skrywer het grensdiens in Caprivi en Rhodesië gedoen as lid van die SA Polisie se TIN-eenheid tydens die Bosoorlog. Dit het die skrywer ses jaar en 16000 km geneem om foto’s en stories te versamel.
e-posadres
louislubbe@telkomsa.net